The Veenemans Sopranos

 

Strauss: DIE FLEDERMAUS - 1966


 
  
 
Links: Barbara Veenemans, Cato Brink en
Margaretha Deysel in Die Fledermaus vir TRUK, 1966.

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Professor Leo Quayle was tydens die produksie van Die Onbekende Sanger so beïndruk met Barbara se stem, dat hy haar genader het om vir TRUK te sing. In Mei 1966 maak Barbara haar professionele debuut vir TRUK in die rol van Ida in Johan Strauss se operette, Die Fledermaus. (Min het sy geweet dat sy later soveel sukses in die rol van Adéle in dieselfde operette sou behaal). Die operette is in die Aula in Pretoria sowel as in die Johannesburgse Stadskouburg opgevoer.
 
Die rolverdeling van die hoofkarakters was soos volg:
 
Rosalinde - Nellie du Toit
Eisenstein - Lloyd Strauss-Smith;
Adéle - Margaretha Deysel
Alfred - Gert Potgieter
Dr Falke - Jaco van der Merwe
Frank - Bob Borowski
Ida - Barbara Veenemans
Prins Orlofski - Cato Brink
Dr Blind - Leslie Philips
Frosch - Richard Daneel
Ivan - Meiring Wilken
Dirigent - Leo Quayle
Regisseur - Peter Brenner
Kostuums - Bee Mackenzie