The Veenemans Sopranos

 

THE MERRY WIDOW - 2006

 

In 2006 kon die Carl Rosa Opera Company Barbara oortuig om weereens voet op die Johannesburgse Stadskouburg se verhoog te sit. In 2006 voer dié Britse geselskap Léhar se The Merry Widow in die teater op. 'n Spesiale gala-aand is op 14 Februarie 2006 beplan om Suid-Afrikaanse sangers wat in The Merry Widow in die Johannesburgse Stadskouburg gesing het, te huldig en te nooi om as gaskunstenaars op te tree. Barbara en Hanli Stapela wat albei die rol van die Widow in die teater gesing het sowel as Dawie Couzyn wat die rol van Danillo gesing het is gevra om tydens die spogaand op te tree.

 

 

Dawie Couzyn en Barbara Veenemans as gaskunstenaars in The Merry Widow, 2006.