The Veenemans Sopranos


DIE ONBEKENDE SANGER - 1966

 
 
'n Prysvraag is in 1961 deur die Oudstudentebond van die Universiteit van Pretoria (TUKS) uitgeskryf vir 'n operette oor die een of ander gebeurtenis of periode uit die geskiedenis van die Universiteit van Pretoria. Net oudstudente kon inskryf. OA van der Stoep se operette, Die Onbekende Sanger is as die beste stuk aangewys.
 
Dit is op 31 Maart, 1 en 2 April 1966 deur die Universiteit van Pretoria in die Aula opgevoer saam met die TRUK-orkes. Hier sing Barbara die hoofrol van Linda du Plessis onder meer saam met Jaco van der Merwe, Gert Scheepers en Ina Visagie. Die regie is deur Francois Swart behartig en die dirigent was Professor Leo Quayle.
 
P.A.K. van The Pretoria News skryf in 'n resensie op 1 April 1966 onder die opskrif STUDENTS TOO SEEMLY:
 

"... The operetta, which tells a story of student life in the earlier days of the university, has an almost entirely student cast, showing considerable talent on the campus … Barbara Veenemans is an easier performer and has a good carrying soprano … "